Tennis, krieket geskud deur knoeiery

Deel op

Internasionale tennis is geskud oor bewerings dat die tennisowerhede nie opgetree het teen grootskaalse wedstrydknoeiery nie.

Die tennisbase het berigte deur die BBC ontken dat 16 spelers wat deel van die topgekeurde 50 spelers is betrokke is.

Volgens dokumente wat in besit van die BBC is, is die spelers na bewering die afgelope dekades gereeld aan die Tennis Integriteitseenheid uitgewys omdat hulle vermoedelik wedstryde geknoei het.

Die eenheid het egter na bewering nie teen die spelers opgetree nie. Al die spelers, wat grand slam-wenners insluit, is toegelaat om aan te hou speel.

Volgens die bewerings is onder meer drie wedstryde op Wimbledon geknoei. Die Integriteitseenheid en die tennisowerhede het ten sterkste ontken dat bewerings oor wedstrydknoeiery onderdruk is of nie behoorlik ondersoek is nie.

Die tennisbase sê enige nuwe inligting sal egter ondersoek word. Die Australiese Ope begin vandag in Melbourne.

Dié onthullings volg nadat die bekend geraak het dat wedstrydknoeiery Suid-Afrikaanse krieket raak.

Klaarblyklik is word agt spelers daarvan verdink dat hulle geld aanvaar het om wedstryde te beïnvloed. Vier van die spelers het Suid-Afrika internasionaal verteenwoordig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.