ANC verklaar oorlog teen wittes

Deel op

Die ANC het oorlog verklaar teen sogenaamde wit “rassiste” in ‘n poging om swart eenheid te bevorder.

Die party het ook ander politieke partye gevra om hulle daarvan te weerhou om die swart regime te ondermyn.

‘n Woordvoerder van die ANC, Zizi Kodwa sê oproepe dat President Jacob Zuma uit sy pos verwyder moet word, is ‘n poging om ‘n “regte gesprek” oor wit rassisme te vermy.

Die ANC-regime probeer kennelik die wit minderheid se “rassisme” verantwoordelik hou vir hul mislukkings. Die party het al meermale verklaar dat swartes nie rassisties kan wees nie omdat hulle “verontreg” is.

Kodwa sê dit is duidelik dat die ZumaMustFall-veldtog slegs die samelewing verdeel en tot gespanne betrekkinge lei.

‘n Reuse Zuma Must Fall banier wat by ‘n woonstelgebou in Kaapstad opgerig is, is Saterdag deur ANC-ondersteuners uitmekaar geskeur.

Die DA het ‘n klag teen ‘n ANC-parlementslid ingedien nadat hy op sosiale media gesê het dat die gebou en al sy inwoners afgebrand moet word.

Die DA het ontken dat hy betrokke was by die oprig van die banier. Primedia het glo vir die banier betaal.

Intussen beoog die radiopersoonlikheid, Gareth Cliff wat afgedank is weens sy beweerde rassisme, om M-Net hof toe te sleep vir onregverdige ontslag.

Cliff is in die pad gesteek na wat talle kykers as ‘n “rassevoorval” op Twitter bestempel het. Hy het nalv die Penny Sparrow-rasseherrie gesê Suid-Afrikaners begryp nie wat vryheid van spraak beteken nie.

Die wit omroeper Cliff het nie direk na swartes verwys nie, maar die woord “people” gebruik.

Cliff het tien jaar lank op die Idols-paneel gedien. ‘n Swart Idols-beoordeelaar, Somizi was ook onlangs in ‘n rassevoorval betrokke, maar dien steeds op die paneel.

Somizi Mhlongo het om sy Instagram sy mening gelug oor “rassistiese wit Suid-Afrikaners wat hoop dat Zuma se val hulle ‘n wit president sal gee of apartheid sal terugbring”.

Hy sê hulle hoop is “‘n ware ontkenning van die werklikheid”. Hy het egter slegs Afrikaners uitgesonder as “wit Suid-Afrikaners”.

Somizi sê dié ontkenning is soortgelyk aan Donald Trump wat dink hy gaan die volgende Amerikaanse president word of Oscar Pistorius wat glo hy gaan weer aan die Olimpiese Spele deelneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.