Verkeershoof vas vir bedrog

Deel op

Die hoof-verkeersbeampte van die Maquassi Hills-munisipaliteit op Wolmaransstad in Noordwes verskyn na verwagting vandag weer in die hof op verskeie aanklagte van bedrog.

Judas Mahlangu se aansoek om borgtog is vroeër in die landdroshof op Wolmaransstad geweier nadat hy in September verlede jaar versuim het om in die hof te verskyn. Hy het na bewering die munisipaliteit uit meer as R540 000 bedrieg.

Die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) se woordvoerder, Simon Zwane, sê ‘n lasbrief vir Mahlangu se inhegtenisneming is in September uitgereik nadat hy in Julie verlede jaar in hegtenis geneem is in verband met regsverydeling.

Zwane sê Mahlangu is weer in September in hegtenis geneem nadat dit aan die lig gekom het dat hy by nog misdrywe betrokke is. Mahlangu is toe op R5 000 borgtog vrygelaat, maar het nie opgedaag vir sy verskyning in September nie.

Zwane sê Mahlangu is sedert sy inhegtenisneming in Mpumalanga in aanhouding.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.