Menslike dele in vrieskas gevind

Deel op

‘n Swart man (27) van Kuruman verskyn na verwagting vandag in die landdroshof op Mothibistad nadat menslike organe na bewering in sy vrieskas gevind is.

Ernest Mabilo doen vandag aansoek om borgtog.

Volgens Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Mohale Ramatseba, is ‘n hart en longe verlede Vrydag in Mabilo se vrieskas gevind.

Mabilo, wat by ‘n begrafnisonderneming in Kuruman werk, staar ‘n aanklag van die onwettige besit van menslike liggaamsdele in die gesig. Hy bly in aanhouding.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.