Tuks gesluit weens werkersopstand

Deel op

Die Universiteit van Pretoria (UP) sal gesluit bly vir registrasie tot verdere kennisgewing ná gewelddadige betogings deur uitgekontrakteerde skoonmakers verlede week op die kampus.

In ‘n verklaring, het UP woordvoerder Anna-Retha Bouwer gesê ‘n vergadering met die kontrakwerkers oor hul griewe het Saterdag op ‘n dooiepunt geëindig.

Dié werkers stel klaarblyklik nie belang in gelyke geleenthede nie, maar in voordele vir hulself.

“Sedertdien word toegang tot die ingange na die universiteit belemmer deur protesaksie en dreigemente om intimidasie en geweld voort te sit,” het sy gesê.

Die universiteit moedig aanlynregistrasie aan en studente gevra om hul aanlynportale te raadpleeg vir meer inligting.

Bouwer het gesê die kontrakwerkers eis onmiddellike UP-aanstellings vir alle kontrakwerkers en ‘n minimumsalaris van R10 000 per maand.

Die universiteit het ‘n soortgelyke benadering gevolg wat ooreenstem met ooreenkomste wat aangegaan is by verskeie ander universiteite soos Wits en die Universiteit van Johannesburg.

“Ongelukkig is dit deur die verteenwoordigers van die skoonmakers en studenteverteenwoordigers verwerp,” sê Bouwer.

Sy het gesê ‘n paar komplekse kwessies moet oorweeg word, insluitend hul langtermyn wettige kontrakte met diensverskaffers.

Die werkers teiken die Universiteit van Pretoria (UP), die Tshwane Universiteit van Tegnologie, die Tshwane North College, die Tshwane-Suid-kollege en Medunsa hierdie week.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.