Droogte nog nie gebreek nie

Deel op

Onlangse goeie reënval in droogtegeteisterde dele van die land het nog steeds nie die vlakke van damme en riviere na wense aangevul nie.

In die Vrystaat, Noordwes, Noord-Kaap en dele van Limpopo is die droogte nog nie gebreek nie.

Die land se sentrale weerkantoor sê die vooruitsigte op buie en donderbuie lyk tot 30 Januarie nietemin goed.

Weens die El Niño-verskynsel kry sekere gebiede nie wydverspreide reënval nie, maar sak buie net plek-plek uit.

Alhoewel die mielieplanttyd verstryk het, plant boere sonneblom en voer aan. Kommer oor die voeraanvraag heers egter steeds.

In besproeiingsgebiede het boere voordeel getrek uit die reën.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.