Brief: Kabeldiefstal laat helfte van Koster sonder krag; munisipaliteit skuld te veel

Ongeveer die 20 Desember 2015 steel hulle ‘n ondergrondse hooflynkabel in Koster wat omtrent die helfte van Koster kragloos laat.

Die munisipaliteit het nie geld om die kabel te koop van hulle gereelde verskaffers nie omdat hulle derduisende rande skuld aan die verskaffer.

Een van on belastingbetalersvereniginglede wil toe die kabel uit sy eie sak betaal maar die verskaffer dring toe daarop aan dat hy die raad se hele rekening betaal dan sal hulle ‘n kabel aan hom voorsien. Ek dink u weet wat hy toe vir hulle gesê het.

Hy koop toe ‘n kabel vir R 25 000,00 by ‘n ander verskaffer aan en gee dit vir die raad om te installeer.

Die persoon self het nou onlangs by sy huis en fabriek sonpanele opgesit wat saam met die son beweeg en dit het hom R3 500 000,00 gekos, maar hy is nou totaal onafhanklik van Koster se krag.

As dit nie was vir sy welwillendheid nie sou ons steeds sonder krag gesit het.

– Carel van Heerden, Koster

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Cousin Vinnie

    Baie, baie hartseer! Baie dankie aan die weldoener, maar waarvoor betaal mense dan belasting?

    • Jonas Van Die See

      … om vir Sipho ‘n nuwe Mercedes te koop.

      • Cousin Vinnie

        Dankie, nou verstaan ek took!

  • Jonas Van Die See

    Die weldoener moet net oppas dat Sipho nou nie die sonpanele van sy huis se dak af steel nie. Dit het onlangs in Delmas gebeur waar hy sommer so R50k se panele van die huiseienaar se motorhuis langs sy slaapkamer afgesteel het…

    • Dingo

      Dit sal snaaks wees om te sien wat hy met die panele gedoen het.

  • Ray

    Maar wie gaan die paaie bou en die krag voorsien en diefstal verhoed sonder die staat?