praag.co.za bereik 19 000 gepubliseerde artikels!

Deel op

Lesers van praag.co.za sal dalk verras wees om te verneem dat ons so pas met die publikasie van Karel Combrinck se jongste rubriek die mylpaal van 19 000 artikels verbygesteek het. Diegene van u wat ons op mobiele toestelle lees, het seker al agterkom hoe aantreklik die blad op ‘n slimfoon of tablet vertoon, asook hoe vinnig en gemaklik dit daarop laai. Dít alles gebeur nie vanself nie, maar is die resultaat van konstante verbetering en gereeld bywerking van die programmatuur.

Nie net beskik ons oor ‘n hele argief vol Afrikaanse artikels, rubrieke en geskiedenis nie, maar ons is ook seker die webblad in Suid-Afrika wat die meeste spraakvryheid op ons kommentaarafdeling toelaat. Dít terwyl vele van die Engelse webblaaie in Suid-Afrika soos News24 of Daily Maverick glad nie meer enige kommentaar by hul artikels duld nie, kwansuis vanweë “rassistiese” uitlatings. Vermoedelik kan van hul wêreldvreemde, links-liberale skrywers egter nie meer die konstante kritiek verduur wat lesers daar uitgestort het nie.

Suid-Afrika staan op die vooraand van toenemende polarisering, onsekerheid en moontlik selfs geweld. Nog nooit was dié webblad so nodig soos juis nie: om perspektief te bied op ‘n baie ingewikkelde situasie, sowel plaaslik as internasionaal.

Dankie aan al ons getroue lesers en ons rubriekskrywers wat so hard werk om Afrikaners ingelig te hou. Volg ons op Twitter en Facebook en dink ook daaraan om ons te ondersteun; ons het elke rand nodig, al is ‘n rand ook niks meer werd nie.

– Die Redaksie

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.