Xenofiele vernietig Europa, nie xenofobe nie

Deel op

Duitse kanselier Angela Merkel, Keulse burgemeester Henriette Reker, en ander Christen-Demokrate, Sosiale Demokrate, en linkser partylede in Duitsland beweeg op dun ys omdat ‘n meerderheid van hul Duitse volksgenote nie meer kans sien vir hul oormatige xenofilie nie.

Duitse politieke leiers het die grense van Duitsland oopgegooi en dit wemel nou van meestal gefrustreerde manlike Moslemimmigrante uit die Midde-Ooste en Noord-Afrika wat vroue en kinders as maklike teikens beskou.

‘n Duitse regeringsverslag verwys selfs eksplisiet na die Moslemtradisie van taharroesj gamea, die seksuele teistering van vroue deur groot skares mans, as een van die redes agter die aanvalle in Keulen.

Oor ‘n miljoen immigrante, waarvan talle met ongemagtigde Siriese paspoorte wat gesteel is uit Siriese regeringskantore asook Turkse werkpermitte reis, dink elke Duitse vrou is so verwelkomend soos Merkel.

Die Turkse jihad-gesinde president Erdogan wat droom van ‘n Neo-Ottomaanse Kalifaat, het verlede jaar dié permitte by die duisende uitgereik sodat elke Islamwerwer Duitsland kan binnedring.

Met die bedreiging van Duitse burgers deur die bruin hordes, pluk die Duitse politieke leiers nou die vrugte van hul onbesonnenheid.

Openbare teenkanting teen die Berlynse regering wat Duitse vrygewigheid adverteer, laai op nadat hul gasvryheid terugbetaal is op Oujaarsaand toe jong Moslem mans honderde Duitse vroue op die strate van Keulen, München, Hamburg, Düsseldorf, Stuttgart, en ander Duitse stede seksueel aangerand het.

In Keulen, is meer as 350 Duitse vroue aangeval naby die ikoniese Gotiese katedraal in die stad.

Die Duitse elite en pro-Amerikaanse media het hul bes gedoen om die feit dat die meeste van die manlike aanvallers van Arabiese of Noord-Afrikaanse oorsprong was, toe te smeer.

Noordryn-Wesfale se deelstaatminister van binnelandse sake Ralf Jaeger, het die seksuele aanrandings deur die Moslem immigrante op die “regse” Duitsers blameer. Volgens Jaeger is wat gebeur op “regse platforms en in kletsportale ten minste so verskriklik soos die dade van die aanranding die vroue … Dit is die vergiftiging van die klimaat van ons samelewing”.

Henriette Reker het haarself belaglik gemaak deur vroue aan te raai om die aanvallers liewer ‘n “armlengte ver te hou”, asof die vroue die aanvalle self veroorsaak het.

Jaeger en Reker se gekhede is nie uniek onder Europese en ander Westerse politieke leiers wat onder Amerikaanse invloed verkeer nie.

Jaeger het selfs probeer om die “arme mans” te psigoanaliseer en gesê “hulle is dronk en bedwelm en probeer om hul fantasieë van seksuele onmag uit te leef”. Met ander woorde, hul jihadistiese onderbou het niks te doen met hul dierlike gedrag nie, volgens Jaeger.

Mense soos Jaeger, Merkel, en Reker is klassieke xenofiele, mense wat ‘n vreemde aantrekkingskrag vir buitelandse volke, maniere, of kulture voel, selfs wanneer die mense, maniere en kulture tot nadeel van hul eie kulture en mense strek.

Vir die weerlose, meestal Christenvroue, op die strate van Duitsland, Oostenryk, Swede, Frankryk, Finland, en Noorweë, hou hierdie xenofiele ‘n groter gevaar in vir die toekoms van die beskaafde Weste, as die sogenaamde “regses”.

George Soros en sy mediawerkers in Europa en Noord-Amerika het anti-immigrasie groepe en politieke partye gedemoniseer as xenofobiese rassiste. Soros en sy volgelinge het min te sê gehad oor taharroesj gamea.

Steeds meer klem word geplaas op die sogenaamde ‘vigilantes’ wat die werk van die polisie moet doen. Die verlinkse Duitse minister van justisie Heiko Maas, het die beskerming van Duitse vroue deur Duitse mans beskryf as “agitasie teen buitelanders”.

Die leier van die anti-immigrante PEGIDA-beweging in Duitsland, Lutz Bachmann, beskuldig Merkel, Gabriel, en ander Duitse leiers dat hulle verantwoordelik is vir die verkragtings in Keulen.

Die gewone histeriese “neo-Nazi” het natuurlik daarna opgeklink uit die verlinkse media.

En in plaas daarvan dat Moslem-leiers sulke dade veroordeel, het hulle eerder opgemerk dat daar ‘n aantal ongebruikte en onderbenutte kerke in sommige Europese stede staan. Hierdie Moslemleiers wil die kerke koop en hulle in moskees omskep.

Erdogan, wie se vuil vingerafdrukke oral op die massa-migrasie van Moslems na Europa vertoon, is van plan om ook die voormalige Heilige Setel van die Oos-Christelike Kerk van Konstantinopel, die befaamde Hagia Sophia, wat sedert 1935 ‘n museum is, terug na ‘n funksionerende moskee te tower.

Merkel se koöptering deur Soros-globaliste het aan haar eretitels soos Time-tydskrif se ‘persoon van die jaar’ vir 2015 besorg. Maar die uiteindelike lof deur Europeërs sal gaan aan diegene wat die bewustheid en die moed gehad het om op te staan ​​om die eksistensiële bedreiging vir die Westerse beskawing deur mense met sosiale gewoontes uit die 13de eeu, te keer.

Die Nederlandse PVV-leier Geert Wilders, Vlaming Filip de Winter, die Franse Nasionale Front se leier, Marine Le Pen, UKIP se leier Nigel Farage, Swede Demokrate se leier Kent Ekeroth, Italiaanse Noordelike Liga se leier Matteo Salvini, Hongaarse premier Viktor Orban en ander wat onophoudelik verkleineer word deur die korporatiewe media en die Soros-gemeenskap, hulle is die ware helde.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.