Ebola is terug in Sierra Leone

Gesondheidsamptenare in Sierra Leone het ‘n sterfgeval weens Ebola bevestig, pas nadat die Wêreldgesondheidsorganisasie aangekondig het dat die dodelike virus in Wes-Afrika uitgeroei is.

Geen gevalle van Ebola moet vir 42 dae voorkom voordat die WGO ‘n land Ebola-vry verklaar.

Liberia is vroeër vanjaar en Guinee laat verlede keer, vry verklaar.

Die sterfgeval in Sierra Leone is vroeër hierdie week aangeteken.

Die Ebola-toetssentrum se woordvoerder Sidi Yahya Tunis het aan die BBC vertel dat die pasiënt gesterf het in die Tonkolilidistrik. Hy het daarheen gereis het vanaf Kambia, naby die grens met Guinee.

Die toetse is uitgevoer deur Britse gesondheidspesialiste. Die BBC se Umaru Fofana het in die hoofstad Freetown gesê gesondheidbeamptes is nou dringend op soek na diegene wat in kontak met die slagoffer was.

Nagenoeg 4000 mense het gesterf van Ebola in Sierra Leone, en 11.000 mense in die hele streek, sedert Desember 2013.

Liberië het al twee keer vantevore aangekondig dat Ebola oorwin is, maar dit kon nie die infeksie keer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.