Twee renosterstropers, wildbewaarder doodgeskiet

Deel op

Twee vermeende renosterstopers is deur bewaarders in die Nasionale Kruger-wildtuin doodgeskiet.

‘n Woordvoerder van die wildtuin sê toeriste het ‘n bewaarder daarop bedag gemaak dat ‘n man met ‘n swaar kaliber jaggeweer in die Napi-gebied naby Pretoriuskop rondloop.

Helikopters met honde en die polisie is na die gebied gestuur. Hulle het twee mans gevind wat op die polisie begin skiet het.

Die polisie en bewaardes het teruggeskiet en die mans gedood.

In nog ‘n skietvoorval vroeër is ‘n lid van die teenstropings-eenheid in die wildtuin per ongeluk deur ‘n kollega doodgeskiet.

Die voorval het in die Malelane-deel van die park plaasgevind.

Die man is glo geskiet nadat ‘n buffel hom gejaag het en die veldwagter probeer het om die buffel te neutraliseer.

Sy kollega het glo in die spervuur beland. Hy is na die hospitaal gehaas, maar is in die teater oorlede.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.