‘Harry Potter se prof’ oorlede

Deel op

Die akteur Alan Rickman, bekend vir sy rolle as Professor Snape in die Harry Potter-reeks, en die Sheriff van Nottingham in Robin Hood: Prince of Thieves, is Donderdag in die ouderdom van 69 jaar oorlede.

Die ster se familie het aan die BBC gesê Rickman het aan kanker gely.

Hy was ook te sien in die films Love Actually en het onlangs die rol van Judge Turpin in die filmweergawe van Stephen Sondheim se musiekblyspel, Sweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street, vertolk.

In 1995 het hy ‘n Golden Globe, Emmy-toekenning en Screen Actors Guild-toekenning vir sy vertolking van Rasputin in Rasputin: Dark Servant of Destiny, ontvang.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.