Swart studenteraadslede het Donderdag die vergadering met die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, vroeg verlaat.
Nzimande het saam met amptenare van sy departement met studenteraadleiers van universiteite landwyd in Tembisa vergader.
Dit was ‘n poging om die lot van swart wanpresteerders wat nie outomaties toegang tot hoër onderyws kry nie, aan te spreek.
Talle swart studente meen hulle is geregtig op ‘n graad omdat hulle benadeel word. Nie een van die beswaardes is egter voor 1994 gebore nie en het juis die voordeel van swart regering geniet.
Hulle hou nietemin vol dat dat hulle “struktureel” deur ‘n wit stelsel uitgesluit word.
Die vergadering met Nzimande het glo ure lank geduur waartydens die anti-wit belhamels hul eise gestel het.
Hulle wou nie met die hoofstroommedia praat nadat hulle uitgestap het nie, alhoewel hul eise besonder simpatiek deur die mediamonopolie behandel word.
Volgens bronne het die minister hulle uitgejaag, maar Nzimande sê sy departement is bereid om met studenteleiers oor alle kwessies te beraadslaag.
Die sekretaris-generaal van Wits se Studenteraad, Fasiha Hassan, sê hulle het uitgestap omdat die minister geen resolusies wou aanvaar nie.
Hassan sê agt eise is aan die minister voorgelê. Dit sluit in gratis onderrig en gratis registrasie.
Hulle het onder meer geëis dat die sogenaamde “uitsluiting” van swart studente beëindig word, asook dat gratis registrasie toegelaat word en kredietrekords geskrap moet word.
Tans word regeringsbeurse aan prestasie verbind, wat klaarblyklik vir die wanpresteerders onaanvaarbaar is en neerkom op uitsluiting.
Die swart studente gebruik tans skoonmakers om die kampusse te ontwrig om die owerhede te dwing om gehoor te gee aan hul eise.