ISIS aanvaar verantwoordelikheid vir Jakarta-aanvalle

Deel op

Minstens sewe mense is dood in Jakarta na ‘n terreuraanval waarvoor ISIS verantwoordelikheid aanvaar het.

Verskeie ontploffings en geweerskote is in die middestad gehoor.

‘n Polisiebeampte en Kanadese man, asook vyf aanvallers is gedood in die ontploffings en vuurgevegte in een van die besigste distrikte in die Indonesiese hoofstad.

Tot sewe ontploffings en verskeie vuurgevegte het Jakarta Donderdag in ‘n skynbaar gekoördineer aanval geruk.

Sewentien mense, insluitend ‘n Nederlandse man, is gewond. Dit het veiligheidsmagte sowat drie uur geneem om die beleg by ‘n Starbuckskafee te beëindig, in Jakarta se oudste winkelsentrum.

Die gekoördineerde aanvalle volg na ‘n dreigement deur die Islamitiese Staat om Indonesië te teiken. Die dreigement het die land in ‘n greep van vrees gehad.

Die polisie sê hulle vermoed ‘n selfmoordbomaanvaller was vir minstens een van die ontploffings verantwoordelik.

Volgens berigte het tot ses bomme ontplof. Ooggetuies sê daar was ook ‘n gespanne situasie met die veiligheidsmagte wat ‘n koffiewinkel binnegegaan het en ‘n verdagte wat glo op die gebou se dak vasgekeer was.

Berigte is verder ontvang van ‘n polisielkontrolepunt wat voor ‘n winkelsentrum opgeblaas is.

Skerpskutters is ook daar ontplooi.

Intussen het die Islamitiese Staat nog nie verantwoordelikheid vir die aanval in Turkye aanvaar nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.