Die polisie het bevestig dat ‘n 21-jarige man gister oppad hospitaal toe dood is nadat die polisie skote afgevuur het om ‘n groep gewelddadige betogers uiteen te jaag.
Oproeriges het strate versper in Waterval Boven en Umgwenya in Mpumalanga nadat hulle vroeër ‘n munisipale gebou aan die brand gesteek het.
Toegangsroetes na Umgwenya word steeds met klippe en brandende bande versper, en die situasie bly gespanne. In Waterval Boven is dit kalmer.
Brandbestryders van die Ngangala-munisipaliteit het vroeër die brand by die munisipale gebou geblus.
Die gebou huisves ook ‘n kliniek.
Inwoners betoog glo oor ‘n tekort aan skoon drinkwater en vullisverwydering.