Vertel die mense van die volksmoord

Deel op

Baie van ons wil nog nie eintlik weet wat in Suid-Afrika aangaan nie. Ons kop-in-die-gat soos volstruise en hoop al hierdie onaangename dinge, veral die plaasmoorde, is nie eintlik waar nie. Ons hoop iemand toor dit net weg.

Deel op

Ongelukkig werk toorstokkies, soos baie ander dinge, nie in die Nuwe Suid-Afrika nie. Al wat kan werk, is dat elkeen van ons die werklikheid in die gesig kyk, hoe naar en sleg en grillerig en bloederig dit ook al is.

Nou kan jy dalk vra: "Maar wat kan ék, 'n enkeling, doen?" Jy is nie so magteloos as wat jy dink nie. As jy 'n mond het, kan jy praat. As jy 'n rekenaar, 'n Internet-verbinding en vyf vingers het, kan jy met die wêreld praat. Jy kan die wêreld vertel wat hier aangaan sodat hulle nie later kan sê nie: "Maar ons het nie geweet nie …"

Ek doen hiermee 'n beroep op elkeen wat hierdie artikel lees om die volgende webwerwe te besoek om jouself te vergewis van wat onder jou neus aan die gang is. Bring dan asseblief hierdie webwerwe onder die aandag van elkeen op jou e-poslys:

www.stopdiemoorde.co.za

www.plaasaanvalle.co.za

www.plaasmoorde.com

www.farmmurders.com

Vra hulle om hierdie adresse na almal op húl poslyste te versprei sodat die nuus om die wêreld trek – volksmoord vind in Suid-Afrika plaas. Vra jou buitelandse kontakte om die mense daar in te lig en briewe aan die media te skryf.

Basuin dit uit op elke forum en praatgat op die Net. Een klein stem kan 'n magtige koor word.

Op die webwerf www.stopdiemoorde.co.za verskyn die volgende brief van 'n Nederlandse vrou:

Renate – 21 November 2006

Met afschuw en verbazing nam ik – Nederlandse vrouw – kennis van uw website. Deze informatie bereikt Europa en Nederland nauwelijks. Wij dachten dat dit alleen in Zimbabwe gebeurde. Ik wens u trotse Afrikaanders heel veel sterkte en kracht toe om uw prachtige land te behoeden voor toenemend geweld.

Renate en al haar liberalistiese volksgenote wat so heftig vinger geswaai en die voortou geneem het met boikotaksies teen blankbeheerde Suid-Afrika – lig veral húlle in oor die grusame besonderhede van die nuwe "bevryde" Suid-Afrika.

Op www.plaasaanvalle.co.za (ook op www.farmmurders.com) kan jy 'n videogreep sien van ons vorige president, gentleman-god Nelson Mandela, waar hy saam met sy kamerade sing: "We the members of MK have pledged to kill them – the ama-Bhulu (witmense)."

'n Mens het nie veel verstand nodig om twee en twee bymekaar te tel en te besef dat die uitmoor van boere en blankes wel met die stilswyende goedkeuring van die ANC-regering geskied nie. Het hulle dan nie 'n "grondhervormingsplan" waarvolgens 'n groot persentasie van die "piepel" teen 'n sekere datum (blanke) grond gaan besit nie?

Die boere wat (nog) nie uitgemoor is nie, word geteister (ook met die stilswyende goedkeuring van die regering) deur veediefstalle, verminking van diere, onwettige plakkers en die afbrand van oeste en weivelde.

Die grootskeepse emigrasie van blankes vanweë die misdaadtsunami en agteruitstellende aksie pas ook so reg in die kraam van die dubbeltong-ANC. Hulle wil Suid-Afrika (eintlik die hele Afrika) tot elke prys "suiwer" van die gehate blanke waarvan hulle so afhanklik is, al dompel hulle die hele land en hul eie mense in die uiterste ellende. Dáár is nou vir jou rassehaat.

Moet asseblief nie skaam wees om mense lastig te val met die ware en nare feite van jou land nie. Jou lewe is op die spel.

Moet jou ook nie te veel steur aan die gebreinspoelde en naïewe slapsiele wat glo aan "transformasie", "gelykberegtiging", "demokrasie", "vrede", "vryheid" en sulke klas van Orwelliaanse Nineteen Eighty-Four doublespeak en newspeak nie. Hul oomblik van transformerende insig sal kom wanneer hulle (of hul geliefdes) die koeël of die mes of die kookwater of die wurgtou of die vlamme of die skoppe of die verkragting aan eie lyf voel.

Ns: George Orwell se Nineteen Eighty-Four, asook Animal Farm, behoort verpligte leesstof vir elke liberalis te wees.

модули подготовкиФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.