Dan Roodt: Wat van ‘n Groot Trek terug Suid-Kaap toe?

Deel op

Charles Smith vra vanoggend na watter land ons behoort te emigreer, gegewe die verval en polarisering in Suid-Afrika.

Hy skryf:

Een van die dae gaan Afrikaans ’n taal wees wat jy vir die kombuis, kerk en vleisbraaivure los. Die meeste van ons het nie boe of ba gesê oor Kovsies wat Ingels word nie. Sodra ons geld kry, hol ons na die kajieng-kerke en grênd (Ingelse) skole. Dan kan ons mos net sowel Amerika toe trek. Of na Australië, Engeland of Kanada. Die wêreld ís ons woning. Jammer, Totius! As ons geld ruik, is ons goners, soos die Yanks sê. Zuma en kie soek ons nie hier nie en hulle neuk ’n eens goeie land op.

Ek sou eerste Yankland oorweeg. Barack Obama is al leier waarna ek kan luister. Maar daar word graad eens in skole doodgeskiet en regses keur dit goed! En Donald Duck gaan hul president word.Never! En Europa gaan ’n plek soos in die Tweede Wêreldoorlog word met terroriste as die nuwe Nazi’s. Nein!

Met die hittegolf het ons ’n voorsmakie gekry hoe die Outback voel. En aardverhitting gaan groot dele van Australië vernietig. Wel, hier ook (maar ons sal net ’n nuwe kerk soek wat dit ontken, of ’n motor met beter lugverkoeling). Maar ons het minder vlieë en beter bier. En beslis mooier meisies. En AB is die beste krieketspeler ter wêreld. Vat so, Steve Smith!

Wat van die Suid-Kaap? Ek is ‘n gebore en getoë Transvaler – hier het my oupagrootjie bloed gestort teen die Engelse – maar sal dit oorweeg om Mosselbaai of omgewing toe te trek. Daar is ‘n hawe en ‘n mens kan in dié streek ‘n enklawe skep, tesame met die res van die Wes-Kaap wat tans net onder beheer van die ANC Lite is, nie die ANC-SAKP nie.

Net gister hertwiet ek amper uit verveeldheid ‘n petisie wat iemand op change.org loop, dat die Kaap moet afstig, en ná ‘n paar uur was daar meer as 3 000 ondersteuners daarvoor! Ons sal moet aanvaar dat die grootste deel van SA net nog ‘n Afrikaland gaan word, soos Zimbabwe of Angola minus die olie. Daardie Voetspore-program op TV was nogal insiggewend om aan te toon hoe lyk dit werklik noord van die Limpopo: die gebrek aan paaie, die traagheid, die korrupsie, geen hospitale of gesondheidsorg nie, ens. As Afrikaners saamstaan en ‘n nuwe ontwikkeling in die suide begin, kan ons steeds ons lewenstandaard behou en veilig wees.

Ons moet nooit Suid-Afrika laat vaar nie, maar as ons eers veilig, georganiseerd en welvarend is, kan ons met ‘n soort “reconquista” van die noorde begin. Nooit weer moet ons egter onder Afrika-gesag staan nie; dis ononderhandelbaar. Die klimaat in Europa en Amerika verander nou in ons guns; dis net ‘n kwessie van tyd voordat die hele Weste sal begin saamstaan: nie die verraderlike elites nie, maar die gewone mense en die volkere. Dis opwindend om te ervaar, die welwillendheid tussen alle blankes, ongeag, taal, kultuur of Katoliek/Protestant/agnostikus.

‘n Deel van ons mense kan dalk in die noorde agterbly om die fort op plase en ander plekke te hou, met baie swaar privaat veiligheidsdienste om hulle teen aanvalle en geweld te beskerm.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.