Olie sak, maar nie by SA pompe nie

Deel op

Die prys van ru-olie op internasionale markte het tot sy laagste vlak in nagenoeg 12 jaar geval, maar brandstofpryse in Suid-Afrika bly hoog.

Brent, wat as ‘n rigtingwyser beskou word, het tot onder $30 per vat gedaal ná berigte dat Amerikaanse olievoorraad toegeneem het.

Kenners sê die situasie sal nie gou verander nie te midde van OPUL-lande wat onwillig is om ‘n ooreenkoms aan te gaan om produksie te verminder.

Brent ruolie het vroeër effens herstel tot vyf sent bokant $30 per vat.

Die daling kom ook te midde van politieke druk op een van die VSA se grootste bondgenote, Saoedi-Arabië, na onwilligheid om Moslemterreur aan te spreek.

Die daling in die olieprys word egter nie aan Suid-Afrikaanse verbruikers deurgegee nie, met die regering wat al hoe meer van die belasting afskep.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.