Limpopo verskaf slegs hulp aan swart boere

Deel op

Wit boere in Limpopo kla dat die departement van landbou slegs veevoer aan swart boere verskaf.

Die bestuurshoof van Agri-Limpopo, Willem van Jaarsveld sê die departement se droogtehulpprogram sluit wit boere deur middel van sy kategorieë uit.

Intussen sê die departement se woordvoerder, Selby Makgotho dit is onmoontlik om aan alle boere voer te verskaf weens finansiële beperkings.

Hy sê die departement sal verseker dat alle boere, wat daarvoor in aanmerking kom, bystand ontvang.

Die fokus is tans op bestaansboerderye en diegene wat op klein skaal boer, juis omdat so min as twee sakke voer uitgedeel word.

Die swart boere het hul kommer uitgespreek oor die hoeveelheid veevoer wat deur die departement van landbou versprei word.

Die provinsie is reeds verlede jaar tot rampgebied verklaar weens die nypende droogte.

Die departement het in 2015 R20 miljoen opsygesit vir droogtehulp, m aar swart boere sê hulle het tot dusver net drie sakke veevoer ontvang, ongeag hoeveel vee hulle besit.

Die voorsitter van die Dzanani Livestock Farmers Committee, Marubini Samson Netangula sê daar is ook boere wat nog geen veevoer ontvang het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.