Drie werkers is in Delareyville in Noordwes dood nadat hulle chemikalieë ingeasem het terwyl hulle by die rioolwatersuiweringswerke aan diens was.
Volgens Cosatu het ‘n subkontrakteur hulle toegelaat om sonder beskermende klere te werk, het RSG berig.
Die munisipale werkersvakbond, Samwu het gevra dat die saak ondersoek word.
‘n Woordvoerder van Samwu sê werkers se veiligheid behoort altyd voorop gestel te word.