Swart onderwysers te bang vir bruin skool

Deel op

Die Roodepoort primêre skool, wes van Johannesburg begin vanoggend die nuwe skooljaar sonder vyftien swart onderwysers, het RSG berig.

Die onderwysers het nie vir werk aangemeld nie weens vrese vir hulle veiligheid.

Onderrig by die bruin skool was verlede jaar vir weke ontwrig na betogings deur sommige ouers oor die aanstelling van ‘n swart skoolhoof en adjunkhoofde.

Die vyftien onderwysers sê toestande by die skool is nie gunstig vir hulle om hulle werk te doen nie.

Hulle het aan die Gautengse LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi gesê dat sommige ouers in hul klaskamers inkom en onderrig ontwrig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.