Verlinkses aanvaar verantwoordelikheid vir Turkse bomaanslag

Deel op

Verskeie liggame het op die grond in op Sultanahmet-plein, naby aan die Blou Moskee en Hagia Sophia, ‘n wêrelderfenis plek, en belangrike toeriste-area in die stad gelê.

Die kantoor van Istanboel se goewerneur sê die owerhede ondersoek die soort plofstof wat in die bomaanval gebruik is en wie moontlik vir die aanval verantwoordelik was.

Die kantoor het ook bevestig dat tien mense dood en 15 beseer is, maar het geen verdere besonderhede verstrek nie.

Turkye se AHaber-televisie het gesê die ontploffing is waarskynlik die werk van ‘n selfmoordbomaanvaller.

Die polisie het die strate in die omgewing afgekordon. “Ons tref voorsorgmaatreëls teen ‘n moontlike tweede ontploffing,” het ‘n polisiebeampte op die toneel gesê terwyl hy mense van die plein af begelei het.

Die ontploffing kom net meer as ‘n jaar nadat ‘n vroulike selfmoordbomaanvaller haar by ‘n polisiekantoor vir toeriste naby dieselfde plein opgeblaas het. Een polisie-offisier is in die ontploffing dood en een is beseer.

Verantwoordelikheid vir die aanval is aanvanklik deur ‘n verlinkse groep aanvaar.

Koerde, linksgesindes en ander militante het in die verlede almal aanvalle in Turkye uitgevoer.

Turkye, ‘n ondersteuner van die Islamitiese Staat (ISIS) het ‘n teiken vir radikales geword met twee groot bomaanvalle wat die land die afgelope tyd geruk het.

Die een aanval was op die dorp Suruc naby die Siriese grens en die ander in die hoofstad, Ankara, waarin meer as 100 mense dood is.

Die aanslag sal ‘n negatiewe impak op toerisme in Turkye hê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.