Hulpbron-nasionalisme raak warm in Niger

Deel op

Hulpbron-nasionalisme is tans ‘n baie warm onderwerp in Niger.

Hama Amadou, ’n groot opposisierolspeler, wat ­toestemming het om in Februarie ’n kandidaat in Niger se ­presidentsverkiesing te wees, se poging om Maandag uit die ­gevangenis vrygelaat te word, het misluk. Hy het sy versoek tot die ­appèlhof gerig.

President Mahamadou Issoufou, ’n ­sleutelbondgenoot van die Weste in die stryd teen Islamitiese militansie in die brose Saharastreek, sal na v­erwagting daarin slaag om vir ’n tweede termyn verkies te word.

Kritici beskuldig hom egter daarvan dat hy ­toenemend outoritêr word, veral na die onthulling van ’n mislukte staatsgreep in Desember.

Amadou, wat eens op ’n tyd ’n bondgenoot van die president was, is in November, nadat hy uit ballingskap teruggekeer het, in hegtenis geneem nadat hy na bewering by ’n ­baba-handel sindikaat betrokke was.

Hy het die aanklagte in die openbaar ontken en sê sy aanhouding is ­polities gemotiveer.

Amadou is een van 15 kandidate wat Saterdag deur Niger se grondwetlike hof gekeur is om as kandidaat vir die ­presidentsverkiesing te staan. “Met die weiering om hom voorwaardelik vry te laat, het die bewind sy eerste uitklophou gegee,” het Souley Oumara, sy regsverteenwoordiger gesê.

Die appèlhof het geen redes vir sy besluit verskaf nie, en Amadou kan nou in die hooggeregshof appèl aanteken.

Niger se geheime diens het Amadou, asook lede van sy party en ander opposisieleiers ondervra.

Sedert die oliekrisis in 1973 maak Frankryk op kernkrag staat en hierdie uithoek van Afrika is noodsaaklik om sy nasionale belange te beskerm.

Ten minste driekwart van Frankryk se elektrisiteit kom van kernkrag, en maak die land meer afhanklik van uraan as enige land op aarde.

Niger is die wêreld se vierde grootste produsent van die erts na Kazakhstan, Kanada en Australië.

In 2009, het Reuters berig dat China daartoe verbind was om te $300 miljoen in ‘n uraanprojek te belê, maar geen uraan is uit die myn gehaal sedert vroeg 2015 nie en die myn is effektief gesluit.

Bykomend tot goedkoop uraanpryse, het verlangsaming in die Chinese ekonomie gelei tot ‘n 84% daling in Chinese belegging in Afrika in die eerste helfte van 2015, volgens die Financial Times.

China het tans min aptyt vir kapitale uitleg wat natuurlike hulpbronprojekte betref.

Tog is die Chinese uraanmyn een van die mees ondeursigtige sakepogings in Niger.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.