Minister van nywerheid verkies muishondlande met rommelstatus

Deel op

Die Withuis het ‘n presidensiële proklamasie uitgereik waarin hy dreig om Suid-Afrika se handelsvoordele op te hef indien Amerikaanse pluimveeprodukte nie teen 15 Maart op plaaslike winkelrakke is nie.

Die DA sê die gesloer met onderhandelings oor die Wet op Afrikagroeigeleenthede is ‘n aanduiding van betrekkinge tussen Suid-Afrika en Amerika wat versuur.

Die leier van die DA, Mmusi Maimane sê daar is blykbaar groot wantroue tussen die twee regerings, en dat dit op die lange duur teëspoed vir die plaaslike ekonomie kan beteken.

Die Suid-Afrikaanse regering se erns om die sperdatum van die Agoa-handelsooreenkoms na te kom, is reeds ‘n geruime tyd onder verdenking.
 
Indien die land nie gehoor gee aan die sperdatum nie, sal die tarief-vrye invoer van Suid-Afrikaanse landbouprodukte na Amerika opgeskort word.
 
Die ANC se Rob Davies, minister van handel en nywerheid, sleep voete oor die kwessie.

Davies wil glo nie die bestaande handelsbetrekkinge met Suid-Afrika se tradisionele vennote, soos Amerika en die Europese Unie, gestand doen nie.
 
Onder aanvoering van Davies, word die land se ekonomiese welstand en oorlewing toenemend afhanklik van muishondlande soos Kuba en Brasilië, wat rommelstatus geniet, sê ontleders.
 
China se ekonomie is besig om vinnig af te koel en dit sal ekonomiese selfmoord wees om op hierdie stadium tradisionele en gevestigde handelsvennote te vervreem.
 
Hoewel die swak rand ‘n geweldige skok vir die land se ekonomie is, kan dit nog steeds tot Suid-Afrika se voordeel wees wat uitvoere betref.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.