Vier boere van Parys kry borg

Deel op

Die vier boere van Parys wat in die plaaslike landdroshof verskyn het weens die beweerde moord op twee swart plaasaanvallers, het borg gekry.

Loedie van der Westhuizen is verlede week in sy huis op sy plaas aangeval waarna sy seun, Gert van der Westhuizen, Johan Cilliers sr., sy seun, Johan jr., en Anton Loggenberg hom te hulp gesnel het.

‘n Gebedsbyeenkoms is op die dorp gehou om die spanning tussen wit en swart te probeer ontlont.

Organiseerder van die gebedsbyeenkoms, Pieter Kemp, sê bykans 500 mense was byeen terwyl die hofverrigtinge aan die gang was. Hy sê dit het aan mense ‘n geleentheid gebied om sonder enige politieke agenda of haat vir plaasaanvalle, die droogtetoestande, en reën wat intussen tydelike verligting in talle droogtegeteisterde gebiede gebring het, te bid.

Volgens hom het ds. Ian Jonker van die plaaslike NG kerk Parys-Oos ‘n boodskap van hoop gelewer en beklemtoon dat mismoediges ‘n opbouende benadering moet volg te midde van negatiewe omstandighede in die land.

Kemp sê Jonker het beklemtoon dat daar ‘n toekoms in die land is, al lyk dit hoe donker. “Ons sal vorentoe gaan, ons weet ons is onder die beskerming van ons Vader.”

Gemoedere het vanoggend buite die hof hoog geloop tussen ‘n groep EFF-oproeriges en wit boere.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.