Meksikaanse dwelmbaas El Chapo terug agter tralies

Deel op

Met Joaquin (El Chapo) Guzman terug in die gevangenis, sal die Mexikaanse regering waarskynlik probeer om die glibberige meesterbrein se uitlewe­ring aan Amerika te bespoedig eerder as om die gevaar te loop dat hy weer ontsnap.

Pres. Enrique Pena Nieto het voor Guzman se ontsnapping uit ’n hoë sekuriteit gevangenis op 11 Julie 2015 ’n stokkie gesteek voor enige uitlewering en wou eerder die Sinaloa-­dwelmkartel se baas in Mexiko verhoor.

Guzman se inhegtenisname Vrydag op die kusdorp, Los Mochis, in die Sinaloa-staat, het gehelp om Pena Nieto se aansien, halfpad in sy ses jaar lange termyn, te herstel en hy sal nie weer die risiko wil neem dat hy weer ontsnap nie.

Die vrees is geregverdig aangesien Guzman in die verlede reeds uit twee maksimum sekuriteit gevangenisse ontsnap het. Hy het in 2001 in ’n ­wasgoedtrollie en in Julie deur ’n 1,5 kilometer lange ondergrondse tonnel ontsnap.

Met min hoë sekuriteitsgeriewe beskikbaar, is Guzman teruggestuur na die Altiplano-gevangenis naby Mexikostad, waar hy die vorige keer ontsnap het.

Mexikaanse owerhede sê die kontak wat die Amerikaanse akteur Sean Penn met Guzman gehad het, het gehelp om hom vas te trek, al het hy aanvanklik daarin geslaag om ’n klopjag te ontglip op die plek waar Penn ’n onderhoud met hom gevoer het.

Penn se artikel oor Guzman is Saterdag, ’n dag na die inhegtenisname, deur die tydskrif Rolling Stone gepubliseer.

In die artikel skryf Penn oor die omvattende voorsorgmaatreëls wat getref is voordat hy die onderhoud kon voer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.