‘Matriek waarborg nie universiteitstoelating nie’

Deel op

Die departement van Hoër Onderwys sê in geen land in die wêreld kry almal wat matriek slaag, universiteitstoelating nie.

Die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande het gereageer op ‘n eis van die Fees-must-fall-veldtog dat almal wat matriek geslaag het, die reg op universiteitopleiding het.

Die direkteur-generaal van die departement, Gwebinkundla Qonde sê dit is standaardpraktyk dat slegs sowat dertig persent van diegene met nasionale senior sertifikate tot universiteitvlak vorder.

Hy sê geen ekonomie kan so werk nie, en dat opleiding aan universiteite met ander naskoolse onderrig- en opleidingsgeleenthede gebalanseer moet word.

Skoonmakers by verskeie universiteite het die registrasieproses ontwrig.

Die voorsitter van Universiteite Suid-Afrika, Adam Habib sê ‘n nuwe befondsingsmodel moet eers tot stand kom voordat universiteitsgeld in sy geheel geskrap kan word.

Habib sê hulle kan dit op die oomblik nie bekostig om slegs staat te maak op regeringsubsidies nie. Hy sê Universiteite Suid-Afrika sal deel wees van die samesprekings oor universiteitsgeld en hoe dit befonds gaan word.

Die organisasie Universiteite Suid-Afrika sê intussen studente wat vanjaar by hoër onderwys instansies wil inskryf, sal registrasie- en klasgeld móét betaal.

Die organisasie verteenwoordig 26 universiteite landwyd. Universiteite Suid-Afrika het gereageer te midde van aanduidings by talle universiteite dat studente ontevrede is oor registrasiegeld.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.