Gestrande motor se passasiers met messe gesteek op N2

Deel op

‘n Motoris en sy passasiers is Sondag aangerand nadat hulle voertuig gebreek het op die N2 in Kaapstad.

Beamptes op patrollie het gestop om ondersoek in te stel na ‘n motor op die N2, tussen die R300 en Mew Way, en opgemerk twee mans hardloop weg, na ‘n nabygeleë plakkerskamp.

Die bestuurder en drie van die vier passasiers is met messe gesteek en gewond. Hulle is na die naaste hospitaal in Khayelitsha geneem.

“Hierdie voorval bewys weer eens dat opportunistiese misdadigers te enige tyd toeslaan. Ons het ‘n aantal maatreëls in plek om die N2 veiliger te maak,” het ‘n wwordvoerder van die Stad Kaapstad gesê.

Die twee mans is steeds op vrye voet.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.