‘n Bietjie lafenis vir die Vrystaat en NW

Deel op

Groot dele van die Vrystaat en Noordwes het vir die eerste keer vanjaar reën gekry en daar is goeie voortuitsigte vir nog reën in die sentrale deel van die land teen die naweek.

Die Bloemfonteinse weerkantoor sê daar is Saterdag en Sondag ‘n 60% kans op reën vir die hele Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap. Hy sê temperature sal ook na verwagting afneem.

In die oostelike deel van die Vrystaat word ‘n 30% kans op reën teen môre en Donderdag voorspel. Dit sluit gebiede soos Kroonstad, Bethlehem, Senekal en Sasolburg in.

Enkele buie kan teen Vrydag al in groot dele van die Vrystaat voorkom.

Sowat 12,6mm is Woensdag in Bloemfontein gemeet en 69mm by Glen, buite dié stad. Ongeveer 14,4mm reën is op Bothaville gemeet, terwyl Nelpoort, in die rigting van Wepener, sowat 23,8mm gekry het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.