Motoriste aangeraai om Stinkwater te vermy

Deel op

Motoriste is aangeraai om Stinkwater noord van Pretoria, te vermy nadat oproeriges paaie versper het.

Die oproermakers het die Molefe Makintapad met klippe en ander rommel besaai.

Die ontevredenes het gesê hulle het verskeie kere reeds oor watertekorte en swak sanitasie in die gebied gekla, maar die stad Tshwane het die afgelope vyf jaar nie na hulle geluister en dienste verskaf nie.

Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.

‘n Gemeenskapsleier, Josua Selemane, sê hulle sal die paaie vir ‘n onbepaalde tyd versper todat daar aandag gegee word aan hulle griewe.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.