Boere wat lewens en grond wil beskerm kan reken op rassevergelding

Deel op

Boere wat hul eie lewens en grond teen swart aanvallers wil beskerm, kan reken op die regime se rassevergelding.

Alhoewel die 72-jarige Vrystaatse boer van Parys te hulp gesnel is toe twee swartes hom wou vermoor, word Loedie van der Westhuizen se eie seun, Boeta, nou aangekla van moord.

Boeta het die naweek in die gevangenis deurgebring saam met drie ander wit boere van die omgewing.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, sê die wit boere staan voorlopig tereg weens moord.

Die twee swart aanvallers het geld geëis, maar moes op die vlug slaan toe die hulp opdaag. Hulle is uiteindelik aangekeer.

Tientalle boere was op die toneel waar die mans aangerand is toe die polisie opdaag. Albei mans het egter nog geleef toe die polisie hulle weggeneem het.

Een van die mans is by sy aankoms by die hospitaal in Parys dood en die ander een is by sy aankoms by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein dood verklaar.

Die aanvallers was nie werknemers van Van der Westhuizen nie.

Boere leef in vrees dat een van hulle volgende kan wees nadat die 40-jarige boer Johan Strydom in 2010 met ’n ysterstaaf geslaan is en agter sy eie Mazda-bakkie gesleep is. Strydom het nie die aanval oorleef nie.

Loedie se dogter is die joernalis Alet Rademeyer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.