Ontsnapte gevangene steeds soek

Deel op

Die polisie op Senekal in die Vrystaat soek steeds na ‘n gevangene wat deel was van sewe gevangenes wat Saterdag uit die Senekal-tronk, waar hulle as verhoorafwagtendes aangehou is, ontsnap het.

Ses van die gevangenes is reeds aangekeer nadat hulle bewaarders oorrompel en hul selsleutels gevat het.

Polisiewoordvoerder, Phumelelo Dlamini, sê slegs Vasco Makubela (42) word steeds gesoek. Hy het die laaste keer wat hy gesien is ‘n blou broek en ‘n wit en swart gestreepte trui aangehad.

Dlamini sê die hoof van die Senekal korrektiewe dienste, Mokhane Nthoroane, is Saterdag omstreeks 07:30 deur een van die gevangenes in die been geskiet toe hy en ‘n bewaarder ‘n roetinebesoek in die selle afgelê het.

Een van die gevangenes het op Nthoroane begin skiet waarna hulle die mans oorrompel het. Die gevangenes het die sluitels van hul sel gevat en dit oopgesluit. Die mans het ook met die sleutels van ‘n kluis en die bewaarders se selfone op die vlug geslaan.

Dlamini sê die polisie het vinnig gereageer. Ses van die ontsnaptes is twee ure later naby Senekal in hegtenis geneem.

Hy vra mense om Makubela nie te konfronteer wanneer hulle hom gewaar nie, maar om eerder die polisie te ontbied. Die verhoorafwagtendes word van koperdiefstal en roof aangekla.

Nthoroane is na die Mediclinic Hoogland in Bethlehem gehaas. Na wat verneem word is hy in ‘n bestendige toestand.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.