Rassepolarisering oorheers sosiale media

Deel op

Die radiopersoonlikheid Gareth Cliff, Standardbank se ekonoom Chris Hart en eiendomsmakelaar Penny Sparrow se beweerde rassisme het Suid-Afrikaanse sosiale media die afgelope week aan die gons gehad.

Meer as 45% van die sosiale gesprek in sewe dae het oor rassisme gehandel met ‘n kloof wat al hoe dieper tussen wit en swart raak.

Die land se swak matriekuitslae en krieket kon nie meer as 20% se belansgstelling wek nie.

Die matriekuitslae en Hashim Amla se bedanking is deur wedersydse rasaanvalle oorheers.

Sparrow het onder skoot gekom nadat sy op Facebook swart strandgangers as “ape” beskryf het.

Cliff is ingeroep nadat hy op Twitter gesê het dat mense nie regtig vryheid van spraak verstaan ​​nie.

Hart het die huidige regime se swak bestuur uitgelig.

Internasionaal maak Donald Trump, Star Wars en die Siriese oorlog opslae met byna 45% van die internasionale mediadekking.

Ten spyte van grootskaalse sensuur in Duitsland, het die etniese massaverkragtings tydens Nuwejaar en migrante-kriminaliteit uitgelek en oorheers die media in Duitsland.

Die invloedryke New York Times, ‘n NeoCon-mondstuk, het intussen gevra dat die Duitse kanselier Angela Merkel moet bedank omdat die nuus uitgelek het.

Duitse koerante word aktief ontmoedig om oor swart en bruin kriminaliteit te berig en die nuus het vir groot verleentheid gesorg by linkse meningsmouse.

Indien bevind word dat hulle aan die voorvalle van seksuele geweldpleging op Nuwejaar in Keulen deelgeneem het, sal asielsoekers gedeporteer word het die owerhede gesê.

Die polisie sê getuies het die aanvallers as van “Arabiese of Noord-Afrika-oorsprong” beskryf.

Byna 1,1 miljoen mense het verlede jaar in Duitsland politieke asiel gekry.

Amptenare het probeer vure doodslaan en inwoners gemaan “om nie alle vlugtelinge oor dieselfde kam te skeer nie”, en die verlinkse minister van justisie, Heiko Maas, moes inderhaas strenger maatreëls teen migrante belowe.

Minstens 106 vrouens het kriminele klagte van seksuele aanvalle en roof gelê.

“Indien dit aan die lig kom dat die aanvallers vlugtelinge was, het hulle die reg verbeur om ons gaste te wees,” het die hoofsekretaris van die konserwatiewe CSU, tans die sterkste party in kanselier Angela Merkel se koalisieregering, gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.