Rand tuimel verder teen dollar, euro, pond

Deel op

Die rand het verder teenoor die dollar verswak na R17,92, met vertroue in die ANC se ontluikende geldeenheid wat verwelk.

Op ‘n stadium moes Mandela se note R19,59 vir een euro opdok.

Sondagnag het die rand ‘n rekord laagtepunt van R17,92 teenoor die dollar behaal. Alhoewel die rand daarna effens versterk het, het dit steeds teen 40c swakker as Vrydag se sluitingsprys verhandel.

‘n Pond het op ‘n stadium R26,02 gekos, maar later ook effens herstel.

Rekordlaagtepunte is teenoor die groot geldeenhede aangeteken. In 2015 het die rand reeds 25% van sy waarde teenoor die dollar afgestaan en het sedert die einde van 2015 meer as 7% van sy waarde teenoor die dollar verloor.

Die beleerde Suid-Afrikaanse geldeenheid moes in een dag die skerpste daling in meer as sewe jaar trotseer, het Bloomberg berig.

Dit word voorts toegeskryf aan sukkelende hulpbronpryse weens die groeiafname in China asook die onlangse styging in Amerikaanse rentekoerse.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.