Motorverkope in SA hou aan daal

Deel op

Verkope van nuwe voertuie het sy afwaartse neiging in Desember 2015 voortegesit, asook ‘n jaar-tot-jaar afname getoon, het die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers van Suid-Afrika, Donderdag gesê.

“Met die uitsondering van ligte kommersiële motorverkope, het nywerheidsverkope 2015 op ‘n swak noot geëindig met totale bedryfsverkope van nuwe voertuie van 49.250 eenhede. Dit is ‘n afname van 2171 voertuie of ‘n val van 4,1%, in vergelyking met die totale nuwe voertuigverkope van 51421 eenhede gedurende die ooreenstemmende maand van Desember 2014,” het Naamsa in ‘n verklaring gesê.

Die jaar-op-jaar syfers toon voertuigverkope het vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar gedaal.

“‘n Verdere verlangsaming in die plaaslike ekonomie, stygings in rentekoerse, druk op verbruikers se besteebare inkomste en nuwe inflasiedruk het bygedra tot ‘n daling in die totale binnelandse verkoopsvolumes van 4,1% vir die jaar,” sê Naamsa.

Voertuiguitvoere het egter aansienlik toegeneem met die hoogste ooit vir ‘n jaar aangeteken in 2015.

‘n Totaal van 333748 eenhede is uitgevoer, ‘n bestendige toename van 276.936 voertuie wat in 2014 verskeep is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.