AGOA-ooreenkoms op stewiger voet geplaas

Deel op

Handelsbetrekkinge tussen Suid-Afrika en die VSA is op ‘n stewiger voet geplaas nadat ‘n ooreenkoms bereik is tussen die twee lande.

Die twee lande het na uitgerekte onderhandelings ‘n ooreenkoms bereik wat belastingvrye landbou-uitvoere na Amerika waarborg.

Die Minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies, sê 38 persent van Suid-Afrikaanse uitvoere gaan ingevolge AGOA na die VSA, terwyl meer as 600 Amerikaanse maatskappye in Suid-Afrika belê het.

Davies sê Suid-Afrika wil betrekkinge met Amerika verder bevorder.

Die voorsitter van Wyne van Suid-Afrika, Michael Jordaan, sê die ooreenkoms is uitstekende nuus. Jordaan sê Afrika het minder hulp en meer vrye handel nodig.

Die Vereniging van Vleis-Invoerders en Uitvoerders het ook die nuus dat Suid-Afrika deel sal bly van die Agoa-handelsprogram, verwelkom.

Die uitvoerende hoof van die Vereniging, David Wolpert, sê gesonde verstand het geseëvier.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.