Die Franse polisie het die Moslem geïdentifiseer wat vermoedelik probeer het om ‘n polisiestasie aan te val tydens die eerste herdenking van die Charlie Hebdo-aanval.
Die man, Salli Alli was ‘n veroordeelde dief en is in Marokko gebore.
Alli is doodgeskiet toe hy ‘n polisiestasie met ‘n fop-selfmoordbaadjie en ‘n vleismes binnegestorm het.
Hy het “god is groot” in Arabies geskreeu en ‘n papier-weergawe van ISIS se vlag gedra.
Die Paryse polisie sê die aanval is as ‘n terreurdaad bestempel.
‘n Jaar gelede is 17 mense dood toe die kantoor van die satiriese tydskrif Charlie Hebdo en ‘n Joodse winkel aangeval is.