Velaphi Khumalo glo geskors by GP weens oproep om blanke volksmoord

Deel op

Terwyl Suid-Afrika nuwe hoogte- (of laagte-)punte bereik in sy nabootsing van Amerikaanse politieke korrektheid en die obsessie oor ras en rassisme, het die Gautengse provinsie aangekondig dat sy werknemer Velaphi Khumalo glo ‘n tugverhoor in die gesig staar weens sy onlangs oproep om blanke volksmoord op sosiale media (skermafdruk hierby). Khumalo is ‘n werknemer van die departement kuns en kultuur in die provinsie Gauteng.

Die volledige aanhaling van Khumalo se plasing op Facebook lui soos volg:

“We must act as Hitler did to the Jews. I don’t believe any more that the is a large number of not so racist whit people . I’m starting to be sceptical even of those within our Movement the ANC. I will from today unfriend all white people I have as friends from today u must be put under the same blanket as any other racist white because secretly u all are a bunch of racist fuck heads. as we have already seen.”

Gister het hy om verskoning gevra deur blanke rassisme die skuld vir sy uitbarsting te gee:

“I would like to apologiese (sic) to the Gauteng government for my emotional comments that I made on a public platform. I further want to apologise to the ANC for the comments I made that do not reflect the ideologies of a Democratic society that are our ideals.”

Dit is egter onduidelik of Khumalo werklik geskors is, hangende ‘n tugverhoor, aangesien daar bloot van ‘n “interne proses” by die provinsie Gauteng gepraat word. Dit mag dalk net ‘n waarskuwing of iets dergelike behels.

Intussen woed die rasseherrie rondom Penny Sparrow se uitlatings oor swart “ape” wat Durban se strande met vullis bemors steeds en dit lyk asof sy, soos die Reitz-studente voorheen, strafregtelik van crimen injuria aangekla gaan word. Geen verder nuus is oor die Chris Hart-geval bekend nie en Hart handhaaf intussen ‘n “lae profiel”.

hate_white_peopleVandag verskyn daar in die Mail & Guardian ‘n meningstuk deur die bekende swart nasionalis en voormalige EFF-bestuurslid, Andile Mngxitama onder die titel: Penny Sparrow: Racism’s sacrificial lamb. Daarin lyk dit asof hy ‘n argument vir radikale grondhervorming uitmaak wat glo die enigste “oplossing vir rassisme” sou wees. Weens die betaalmuur wat die M&G deesdae op hul webblad het, is die artikel nie tans vir nie-intekenaars leesbaar nie, maar sal waarskynlik oor ‘n paar dae wel aanlyn beskikbaar wees.

Waarskynlik weens die verwysing na Hitler, het die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes aangekondig dat hy “in die komende dae ‘n formele klag by die SA Menseregtekommissie sal indien”.

Terwyl die hoofstroommedia fokus op Penny Sparrow en Chris Hart se uitlatings, bestaan daar ‘n hele horde swartes op Twitter en Facebook wat gereeld anti-blanke boodskappe plaas, waaronder oproepe om blankes uit die land te verdryf of om alle blankes dood te maak.

Die redakteur van Netwerk24, Adriaan Basson, het ‘n beroep op blankes gedoen om mede-blankes in die openbaar uit te skel as hulle hul aan “rassistiese” taal of houdings skuldig maak. Hy skryf:

2016 is die jaar wat wit mense wat glo in ’n toekoms vir Suid-Afrika nie langer kan stilbly nie. Anders gaan rassiste soos Penny Sparrow namens jou praat.

Die redaktrise van Die Volksblad, Johanna van Eeden, betreur dit dat “rassisme met rassisme beveg word”, asook die heengaan van die liberale “nasiebouprojek”:

Dit dra niks by tot ’n oplossing nie en pogings om brûe te bou is nie volhoubaar nie. Ons móét ’n manier kry om die klowe tussen rasse te oorbrug.

Vir die hoofstroommedia bly “rassisme” dus ‘n “blanke probleem” en verseg hulle om aandag te gee aan swart rassenarsisme wat besig is om handuit te ruk, ‘n narsisme wat jare lank al deur linkse en liberale joernaliste, asook akademici gevoed word…

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.