Oorskot van 34 migrante spoel op Turkse kus uit

Deel op

Die liggame van 34 migrante, van wie minstens sewe kinders is, is Dinsdag dood op twee strande aan Turkye se Egeïese kus gevind, nadat hulle oënskynlik probeer het om na die nabygeleë Griekse eiland Lesbos te gaan.

Die migrante, wat beweer dat hulle van Sirië se oorlog vlug na Europa, gaan voort om koue winterweer te beleef, het Reuters berig.

Ongeveer ’n miljoen mense het in 2015 die Egeïese see oorgesteek of probeer om dit oor te steek, vyf keer meer as in 2014.

Die mense wat Dinsdag dood aangetref is, het omgekom nadat hul boot of bote in die onstuimige see omgeslaan het.
Die kuswag het 12 ander uit die see en op die rotse aan die Ayvalik-kus gered. Drie bote en ’n helikopter was betrokke in die reddingsoperasie.

“Dit is ’n misdaad teen die mensdom. Dit is moord om mense op ’n see soos hierdie te laat gaan,” het die goewerneur van Ayvalik, Namik Kemal Nazli, gesê met verwysing na diegene wat migrante uitbuit wat desperaat is om Europa te bereik.

Toenemende polisiëring aan die Turkse strande en kouer weersomstandighede het nie migrante uit die Midde-Ooste, Afganistan en Afrika afgeskrik om die gevaarlike reis in klein bootjies te onderneem nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.