Noord-Korea spog oor waterstofbom-toets

Deel op

Noord-Korea sê die land het ’n kragtige waterstofbom met welslae getoets, het AP berig.

Hierdie uitdagende en ver­rassende stap, indien bevestig, sal ’n reuse­stap in Pjongjang se soeke na verbetering in sy steeds beperkte ­kern-arsenaal wees.

Die aankondiging is oor die staatsmedia gedoen en is gevolg deur ­feesvieringe in die strate van Pjongjang. In Seoel en elders in die wêreld is kommer op hoë vlakke uitgespreek.

Suid-Korea se pres. Park Geun-hye het opdrag gegee dat sy weermag die land se verdediging saam met Amerikaanse magte versterk.

Washington bly skepties oor Noord-Korea se aansprake oor waterstofbomme, wat veel kragtiger en baie moeiliker as kernbomme is om te vervaardig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.