Nege vas na geweld by Zeerust

Deel op

Nege oproeriges is in Zeerust in Noordwes weens openbare geweld in hegtenis geneem.

Eiendom by die Ramotshere Moiloa-munisipaliteit is tydens die geweldpleging beskadig.

Die polisie sê die werkers is byeengeroep vir ‘n vergadering deur die voormalige burgemeester, Afrika Thale. Thale is deur ‘n senior bestuurder van die munisipaliteit vergesel.

Ten spyte van die ontmoeting het die openbare geweld egter voortgeduur en vullisblikke is in die strate omgekeer.

Intussen sê die provinsiale regering van Noordwes dat Simon Senna die burgemeester is en nie Thale nie.

Die verdagtes sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.