Die regering het bevestig dat hy ‘n amptelike versoek van Noorweë ontvang het om die diplomatieke immuniteit van ‘n senior diplomaat terug te trek.
Dié versoek is gerig nadat die swartman van ongeveer 50 na bewering in Oslo se sjiek Frogner-distrik onder die invloed van alkohol bestuur het, van die polisie gevlug en ‘n ongeluk veroorsaak het.
Die diplomaat het glo van die polisie probeer wegjaag. Toe die Noorse polisie hul blou sireneligte aanskakel het die swarte in die aankomende verkeer ingedraai en so die ongeluk veroorsaak.
Daarna het die diplomaat uit die kar gespring en weggehardloop.
Die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel het glo volgens die Aftenposten die diplomatieke nommerplate van die voertuig verwyder om dit moeiliker te maak vir die owerhede om die kar op te spoor.
‘n Nege-en-twintig jarige paramedikus is ernstig in die ongeluk beseer. Sy het haar heup op verskeie plekke gebreek en moes in die Ullevål Universiteitshospitaal behandeling ontvang.
Die Noorweegse polisie sê amptenare van die Suid-Afrikaanse ambassade het op die ongelukstoneel geweier dat die diplomaat ‘n alkoholtoets ondergaan en het sy diplomatieke immuniteit voorgehou.
Die Noorweegse woordvoerder vir buitelandse sake, Hilde Steinfeld sê die versoek is aan Suid-Afrika se swart ambassadeur in Oslo sedert 2013, Queen Anne Zondo oorhandig.
‘n Woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, Nelson Kgwete sê dit word oorweeg.