Kwik styg na 40 in Gauteng

Deel op

Alhoewel koeler toestande vir die suid-westelike dele van die Wes-Kaap voorspel word, sal Gautengers nog ‘n bloedige warm dag moet trotseer.

Die Kaapstadse weerkantoor sê daar is ook ‘n kans op reën, maar dit sal die naweek weer warmer in die provinsie wees.

Gautengers kan vandag rekord hoë temperature verwag. In sommige dele van die provinsie kan die kwik tot bó 40 grade Celsius klim.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê Johannesburg sal minstens 39 grade Celsius bereik, en in Pretoria kan dit tot 41 kan styg.

Indien die voorspellings korrek is sal dit die warmste dag op rekord vir die provinsie wees.

Woensdag het Bloemfontein en Kimberley hul warmste temperature ooit aangeteken met onderskeidelik 41- en 42 grade Celsius. ‘

Volgens die Weerdiens beteken die sterk El-Niño weerverskynsel dat normale weerstoestande eers teen April of Mei verwag word.

Boere, wat reeds gebuk gaan onder die ergste droogte in dekades, se hoop op uitkoms mag verydel word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.