Die PK-juigkommando verbaas deur honde wat op hul agterbene loop

‘n Smous van gemorsmusiek, ene DJ S’bu, maak anderdag die wilde bewering dat ‘n swart matrikulant, Mpho Mokoena, kwansuis 100% in al sy vakke tydens sy 2014 matriekeindeksamen sou behaal het. Beide die pers en sosiale media soos Twitter raak toe natuurlik buite hulself van die opgewondenheid. Geniale swartes bestaan tog! Hoera! Prys die gode van politieke korrektheid!

Helaas is die werklikheid toe nou nie heeltemal so wonderlik as wat Twitter of die pers wou glo nie. Die waarheid kom toe uit: Mnr Mokoena het inderdaad sewe onderskeidings behaal, maar beslis nie met 100% in elke vak nie. Sy Engels was net-net bo die 80%. Amper elke meerderheid-blanke staatsskool het egter jaarliks blanke matrikulante wat sy prestasie oortref, wat onderskeidings in meer vakke as hy behaal. Voorts sou ek uiters verbaas gewees het as daar nie veel meer swart uitblinkers soos mnr Mokoena bestaan nie. Daar is immers tien maal meer swart matrikulante as blankes.

Nietemin is dit opmerklik hoe die media op loop gegaan het met die leuen. Vat so, julle rassiste! Sien, swartes ís tog slim, is die onsubtiele subteks wat die juigkommando uit een keel sing.

So ook basuin die Suid-Afrikaanse weergawe van Prawda, News24, dit uit dat ‘n Soshanguvese skool ‘n slaagsyfer, en wag hiervoor, van ‘n hele 94% behaal het, en dat die skool se ouers en “lênnas” jubel hieroor. Verskoon my as ek nie noodwendig buite myself raak van die opgewondenheid nie. Het Prawda24 wel die moeite gedoen om bykans elke Afrikaanse skool naby Soshanguve in Pretoria te gaan besoek, sou die propagandiste wat hulself as joernaliste voordoen, bevind het dat baie sulke skole byna jaarliks 100% as slaagsyfer behaal, amper op ‘n roetinegrondslag. Geen voëltjie fluit egter daaroor nie, en veral nie Prawda24 se juigkommando nie.

Hierdie tipe ophemeling van alles wat selfs vaagweg ‘n swart prestasie is, is geensins beperk tot die akademie nie. Judith February, ‘n navorser by die Instituut vir Sekerheidsstudies, skryf vir die Daily Maverick, George Soros se propaganda- en witskuldblad, ‘n emosionele hagiografie oor Temba Bavuma, ‘n swart kolwer vir die Proteablommetjies, wat per ongeluk ‘n honderdtal op ‘n uiters mak Nuwelandse kolfblad behaal het. Met trane wat wil-wil biggel oor haar pofferwangetjies, só oorstelp is sy, beskryf Me Februarie vir Bavuma as “the son of our soil.” Dit is seker nou in teenstelling met AB de Villiers, die wêreld se voorste kolwer, wat skynbaar nie ‘n seun van die Suid-Afrikaanse aarde is nie. Te wit en te Afrikaans, miskien? So ook rep sy geen woord nie oor die Engelse kolwer, Ben Stokes, wat 258 lopies op dieselfde mak kolfblad binne ‘n rekordtyd gemoker het.

Ek moet egter hier ‘n bekentenis maak: Ek hou van hierdie soort ophemeling van dít wat vir ons as Afrikaners eintlik doodgewoon is. Ons verwag dat daar talle toppresteerders in Afrikaanse staatsskole gaan wees. Ons verwag ‘n 100% slaagsyfer. Ons verwag sporttalent soos AB de Villiers s’n.

Die ophemeling van die ordinêre deur Prawda24 en me February weerspreek, sonder dat hulle dit eens besef, hul eie kultus van politieke korrektheid. Ten spyte daarvan dat die PK-juigkommando hulself hard probeer oortuig dat almal oor presies dieselfde talente en aanleg beskik, word hulle tog telkens uit die veld geslaan wanneer hul PK-geloof, al is dit kennelik dmv enkele, verdwaalde voorbeelde, reg “bewys” word.

Soos die Engelse skrywer, Samuel Johnson, dit egter sarkasties gehad het oor vrouens in die preekstoel: “”Sir, a woman’s preaching is like a dog’s walking on his hind legs. It is not done well; but you are surprised to find it done at all.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.