NW-boere hou moed dat reën gaan kom

Deel op

Die huidige droogte in Noordwes word vererger deur die feit dat dit die derde agtereenvolgende seisoen van slegte reënval in dié provinsie is.

NWK se Johan Bezuidenhout het aan OFM gesê weens die herhalende swak reën is grondwater uitgeput. Die onlangse enkele verspreide buie oor die provinsie is ook ver onder die verwagte minimum vir hierdie tyd van die jaar.

Sy kommentaar volg nadat water en sanitasie minister, Nomvula Mokonyane, verlede week ses bykomende tenkwaens aan Noordwes Premier, Supra Mahumapelo, oorhandig het om water te versprei na die gebiede wat die ergste geraak word.

Bezuidenhout sê egter baie van die boere wat hy in kontak mee is hou steeds moed dat die reën gaan kom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.