Swart ma gooi kind in veld weg

Deel op

‘n Een-en-twintigjarige swart ma verskyn na verwagting vandag weer op Christiana in die landdroshof nadat sy glo haar pasgebore baba in ‘n veld weggegooi het.

Die vrou, wat tereg staan op aanklagte van poging tot moord en kinderverwaarlosing, bly in aanhouding.

Volgens Noordwes-polisiewoordvoerder, Pelonomi Makau, het sy die plek waar sy die seuntjie gelos het aan die polisie uitgewys.

Makau sê die seuntjie is op 22 Desember in die hospitaal gebore en twee dae later saam met sy ma ontslaan. Sy het egter nie met die kind huis toe gekeer nie.

Teen 22:00 die aand het sy oumagrootjie die polisie van die verdwyning laat weet.

Die swart ma is ondervra, waarna sy die polisie na haar baba, wat verlate in struike gelê het, geneem het. Die baba is as voorsorgmaatreël hospitaal toe geneem. Hy het geen sigbare beserings nie.

Talle sulke gevalle word aangemeld waar die ma steeds kindertoelaes ontvang, maar nie meer vir die kind hoef te sorg nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.