Die ANC en DA is besig om met te mekaar te wedywer oor wie die felste anti-wit kan wees.
Die regerende party het ‘n formele klag by die Menseregtekommissie teen die DA aanhangig gemaak, omdat hy meen dat die DA ‘n teelaarde vir rassiste – lees wittes – is.
Die DA is die party met die meeste wit kiesers.
Die ANC-woordvoerder, Zizi Kodwa sê hulle het gevra dat rassisme binne die party ondersoek word.
Die Menseregtekommissie het vroeër onderneem om alle klagtes te ondersoek, ongeag die oortreder se ras, maar dit is duidelik dat die MRK nie swart rassiste sal ondersoek nie, ten spyte van vrome ondernemings.
Kodwa sê die ANC het ook al verskeie strafregtelike klagte by die Hillbrow-polisiestasie teen indiwidue gelê. Dit sluit in die gewese DA-lid, Penny Sparrow en die DA-lede, Mike Waters en Chris Roberts.
Die DA het in reaksie gesê die party duld nie rassiste nie.
Intussen word meer as 120 000 swartes by die ANC se 104de bestaansjaarviering en die jaarlikse 8 Januarie-verklaring verwag.
Die geleentheid sal by die Royal Bafokeng-stadion buite Rustenburg in Noordwes gehou word. Die stadion het ‘n kapasiteit van 43 000, maar oorloopgeriewe is ingerig om die verwagte groot skare tegemoet te kom.
President Jacob Zuma sal die hooftoespraak lewer, waarin die regerende party se beleid vir die komende jaar uitgestippel sal word.