Swart toppresteerder het in 2014 Matriek geskryf

Deel op

Suid-Afrika se drie swartste provinsies – Limpopo, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap – het die swakste gevaar in hul matriekeksamen ten spyte van twintig jaar se swart regering.

‘n Swart toppresteerder se vreemde goeie punte vir 2015 is ook later onder verdenking geplaas.

Mpho Mokoena van Alafang Sekondêre Skool in Katlehong het glo sewe onderskeidings in die 2014 matriekeksamen ontvang.

Die tiener se vakke was Fisika, Wiskunde, Lewensoriëntering, Geografie, Engels, Sesotho en Geskiedenis.

Hoewel daar getwiet is dat Mokoena 100% behaal het in al sy vakke, is sy punte glo tussen 82% en 98%. Die swart tiener het later aan die Mail & Guardian gesê dat hy nie volpunte behaal het nie.

Dié swart landelike gebiede het meer as die helfte van verlede jaar se matrieks opgelewer, maar vir ‘n nege-persent daling in die slaagsyfer gesorg.

Die werklike slaagsyfer, in ag genome die getal graad-een leerders van 2004 wat nie die eindeksamen geskryf het nie, is minder as 36%.

Meer as 1,2 miljoen leerlinge van die matriekklas van 2015 het 12 jaar gelede hul skoolloopbaan in openbare skole begin. Net ongeveer 450 000 van dié leerlinge het hul matriekeksamen geslaag.

Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het weer die versekering gegee dat pogings aangewend sal word om die groot getal skoolverlaters te verminder.

Suid-Afrika se onderwysbegroting is van die beste op die vasteland, maar lewer reeds sedert 1994 geen noemenswaardige resultate nie.

Die aantal leerlinge wat nooit hul skoolloopbane voltooi nie, toon geen daling nie.

Verlede jaar is ‘n nes van korrupsie oopgevlek waar sogenaamde swart “onderwysers” aangestel word as hulle met bokke en skape betaal vir ‘n onderwyspos.

Die Wes-Kaap en Gauteng, ook die twee witste, is die provinsies met die beste uitslae vir Matriek 2015.

Die Wes-Kaap het Gauteng net-net geklop met ‘n slaagsyfer van 84,7 persent. Geen distrik in die Wes-Kaap het minder as 80% behaal nie.

Die Sedibeng-distrik in Gauteng het die beste distriksvertoning gelewer, gevolg deur Gauteng-wes en die Overberg in die Wes-Kaap.

Die wit matrikulante wat in die 2015 eindeksamen presteer het, is ooglopend nie gelukgewens nie. ‘n Swart leerling van Gauteng wat ‘n ongeloofwaardige 100% in al sy sewe vraestelle gekry het, is uitgesonder.

Die nasionale slaagsyfer is 70,7 persent. Motshekga se raadgewers het voorheen gesê dat die nasionale slaagsyfer ten spyte van ‘n daling steeds bo die 70%-kerf sal bly.

Die minister sê sy is dankbaar dat die slaagsyfer ondanks verskeie uitdagings die afgelope vier jaar nie laer as sewentig persent gedaal het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.