Al-Kaïda gebruik Trump vir werwing

Deel op

Al-Kaïda se Oos-Afrika-filiaal het ‘n werwingsvideo uitgereik wat swart Amerikaners en Moslems teiken en ‘n videogreep van die presidentskandidaat Donald Trump insluit waar hy sê Moslems moet verbied word om Amerika binne te gaan.

Die 51-minute lange video deur die Somaliese al-Sjabaab militante groep stel Amerika voor as ‘n land met geïnstitusionaliseerde rassise teen swartmense wat ook Moslems vervolg.

In die video word vertel van verskeie Amerikaners van Minnesota wat by al-Sjabaab aangesluit het en nou in Somalië veg, het AP berig.

Al-Sjabaab veg teen die internasionaal erkende Somali-regering. Die groep is in 2011 met die hulp van troepe van die Afrika-unie uit Mogadishu verdryf.

Die militante het desondanks verskeie guerrilla-aanvalle in Somalië en lande wat soldate vir die AU-mag bygedra het, soos Kenia, Djibouti en Uganda, uitgevoer.

Trump se advertensieveldtog sal Maandag afskop. Die Republikeinse presidensiële kandidaat se langverwagte eerste advertensie is deel van ‘n reeks wat uitgesaai sal word in die laaste maand voor die Iowa-koukusse.

Trump het belowe om ten minste $2 miljoen per week op die advertensies te bestee.

Die video verwys na die VSA se “suidelike grens” met Meksiko, maar beelde wat gebruik word vir die swart toestroming is van die klein Spaanse enklawe op die vasteland van Marokko.

Migrante probeer die grens van Melilla oorsteek, een van die twee enklawes aan die Marokkaanse kus wat deel is van Spanje.

Sodoende kan hulle die Europese Unie bereik, selfs al is hulle nog steeds op die Afrika-kontinent.

Trump het die Demokratiese kandidaat Hillary Clinton uitgedaag om sonder gewapende lyfwagte te reis om te bewys dat gewere onveilig is.

“Hillary het gesê dat gewere jou nie veilig hou nie. As sy werklik dit glo, moet sy eis dat haar swaar gewapende lyfwagte vinnig ontwapen word!” het Trump Sondag in ‘n twiet gesê.

As ‘n voormalige eerste dame en nou as ‘n presidensiële kandidaat, beskik Clinton oor die beskerming van gewapende veiligheidsagente.

Sy het ook ‘n lang rekord van wapenbeheer, en het in Oktober gesê sy sal as verkose president geweerverkope ten seerste bekamp, met beperkings op mense wat as ideologies gevaarlik beskou word.

President Barack Obama sal hierdie week na verwagting uitvoerende maatreëls uitreik om meer beperkings op wapenverkope te plaas.

Trump het gesê as verkose president sal hy onmiddellik enige sodanige uitvoerende aksie veto.

Wapenverkope in die VSA het intussen die hoogte ingeskiet.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.