GERD: Waterpolitiek raak warm

Deel op

Soedan, Egipte en Ethiopië het ‘n ooreenkoms bereik oor die bou van die omstrede “Grand Ethiopian Renaissance Dam” (GERD).

Die projek het betrekkinge tussen Kaïro en Addis Abeba versuur, het AP berig.

Afvaardigings van Egipte, Ethiopië en Soedan het die byeenkoms bygewoon in Kartoem waar die ooreenkoms onderteken is.

Die ooreenkoms bevat ‘n “verklaring van beginsels” wat riglyne gee vir die opklaar van verskille oor die GERD-projek.

Die drie lande het ooreengekom op ‘n tydperk van tussen agt en 12 maande waarin tegniese studies van die operasionele meganismes en die gevolge van die konstruksie van die dam bepaal moet word.

Kaïro en Kartoem vrees dat die bou van die dam die hoeveel water in die Nylrivier wat hulle toekom aansienlik kan verminder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.